Ons Geskiendenis
Ons het ons eerste produk in 2002 aan die mark bekend gestel en het sedertdien die landboubedryf gebou en ondersteun.

Na jare se studie oor die effek wat organiese materiaal en mis op die grond het, het ons 'n gespesialiseerde reeks produkte ontwikkel wat die natuurlike balanse in die grond verbeter en herstel.
Ons Missie

Ons as maatskappy, Cool Ideas 73 (Pty) Ltd, vervaardig landbouprodukte wat spesifiek ontwerp is om die natuurlike balans in die grond te herstel.

Wie Is Ons
Ons produkte wat vervaardig word, word MOS (Microbial & Organic Solutions) genoem, wat 'n kombinasie van kundigheid, grondmikrobes en organiese sure en ekstrakte is.

MOS-produkte is 100% organies en nie giftig vir mense, plante of diere nie.
wie is mos

Oor ons

Verskeie landboupraktyke veroorsaak 'n afname in die grond se vrugbaarheid. Kunsmis en landbouchemikalieë benadeel die biologiese balanse wat in die grond is. Produkte wat deur ons ontwikkel en vervaardig word, word MOS (Microbial & Organic Solutions) genoem. MOS Produkte word gebruik om die natuurlike balanse in die grond te verbeter en te herstel. Die mikroklimaat in die grond word verbeter om ander organismes te help om makliker in die grond te oorleef. Hierdeur word gesonde biologiese balanse in die grond geskep. Grondvrugbaarheid word ook herbou.

Verbeterde grondvrugbaarheid in die grond lei tot wortelstimulasie. Gesonde wortels help die plante om weerstand teen siektes en droogte te bou. Verbeterde wortelstimulasie help ook met beter benutting van plantvoeding wat toegedien word en dié wat natuurlik in die grond is. MOS-produkte is 100% organies en nie giftig vir mense, plante of diere nie.

MOS bevat Azotobacter bakterieë wat stikstofbinders is wat maklik 50kg/ha N binne een seisoen onder gunstige toestande kan bind. Toegepaste ammoniumstikstof word makliker na die nitraatvorm omgeskakel as daar goeie mikrobiese aktiwiteit is.

Opgeslote fosfaat in die grond word deur mikrobes vir verbruik aan plante beskikbaar gestel. Na gelang van die klei-inhoud in die grond kan die fosfaatvlakke maklik verbeter met 15 p.p.m. binne een seisoen sonder ekstra fosfaattoediening.

Waar MOS-produkte as deel van 'n biologies geïntegreerde program gebruik word, word selfs die katioonbalanse verbeter, al is geen chemiese aanvullings toegedien nie.

ons span

Ontmoet ons span

Corrie van der westhuizen

Stigter en Eienaar

Madelize Hoek

Direkteur

Kontak Ons

Kontak ons vandag nog en laat ons vandag vir jou oes sorg sodat jy op die toekoms kan fokus.

+2712 561 3912
info@organicnature.co.za
289 Sysie Street, Haakdoornboom, Onderstepoort, Pretoria, 0110