gee die natuur wat dit nodig het om te groei
gesonde plante, groei in gesonde grond
As gevolg van normale landboupraktyke om optimale oesopbrengste te verkry, is die grond in baie gevalle slegs as groeimedium behandel. Die doeltreffendheid van insette het afgeneem en die normale reaksie was om meer en meer chemiese insette te doen. Gips- en kalktoedienings het nie meer die gewenste uitwerking op die chemiese ontleding van die gronde nie. Die infiltrasietempo van gronde neem af, die deurlugting neem af en natriumvlakke bly styg. Die netto effek is dat die biologiese komponent van grond stelselmatig uitsterf en al hoe meer insette is nodig om optimale opbrengste te verkry.
Ons by MOS-groep (Microbial Organic Solutions) doen sedert 1997 navorsing in Suid-Afrika rakende grondbiologie. Met aanvanklike navorsing is slegs organiese sure toegedien, maar resultate was nie konsekwent nie as gevolg van min biologiese aktiwiteit.
Sedert 2002 het ons die kommersiële kombinasies van mikrobes en organiese sure as grondbehandelings begin gebruik. Verbetering in oesopbrengste en kwaliteit is die netto effek, met vermindering in chemiese insette.
Ons Kliënte
Ons is trots om kliënte van die noorde tot die suide van Suid-Afrika te bedien, oor verskeie klimate en 'n wye verskeidenheid gewasse. Hiermee 'n paar van ons kliënte.
Kontak ons vandag nog en laat ons vandag vir jou oes sorg sodat jy op die toekoms kan fokus.